Liewe Vyfhoek-gelowige
Lees gerus hierdie oordenking.
Is jy binne-in die put?
Ek
het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig ... Hy het my
uitgetrek uit die put van die dood, my op 'n rots laat staan. (Ps. 40:1-3)
As jy vandag voel asof jy saam met Job
op die ashoop sit, asof jy saam met Dawid in 'n put van neerslagtigheid
vasgevang is, skep moed: jy is sommer in goeie geselskap. Baie van die
bekendste profete en Godsmanne van die Ou Testament het aan presies dieselfde
siekte as jy gely! Mense soos Elia, Job, Dawid en Jona het by tye selfs vir die
Here gevra om 'n einde aan hulle lewe te maak omdat hulle nie langer kans
gesien het om voort te gaan nie. Ook Jesus moes baie swaarkry hier op aarde
deurmaak.
Voel jy vandag asof God ver is? Gaan kyk wat doen
Dawid met sy aanvalle van depressie: hy onthou hoe die Here horn in die
verlede gehelp het, en hy glo dat Hy dit weer sal doen. Hy vra God om hom uit
die put van die dood te trek en hom weer op vaste grond te laat loop. Kyk ook
na wat God doen: God antwoord die gebed van Dawid. Hy verlos hom nie net van sy
neerslagtigheid nie, Hy gee vir hom weer vreugde in sy lewe. Daarom is daar
soveel psalms wat aan die begin 'n kreet van moedeloosheid is, en op 'n
jubelnoot eindig.
As jy die depressiewolke oor jou voel saampak, as jy
bang en benoud raak, as jy gespanne en angstig is, moenie langer bly vaskyk
teen jou negatiewe gemoedstoestand en oorweldigende probleme nie word stil
voor God. Hy kan en wil jou graag help. Hy is die God wat sy bang, depressiewe
kinders se voete weer op 'n rots wil plaas. Hy kan ook vir jou, soos vir Dawid,
'n nuwe lied in die mond gee, sodat jy vir ander mense daarvan kan vertel en
hulle op hulle beurt vir God die eer kan toebring.
No comments:
Post a Comment